OP ONS VOORBLAD

Corine se lewe kring uit! Sy glo nie daaraan om haarself te beperk nie en dit wys in al haar belangstellings
 
AKTUEEL




As koopsondes jou knak: As jy regtig wil spaar, sal jy jou lewenstyl moet verander. Ons wys jou hoe jy met minder oor die weg kan kom

 

IN DIE VOLGENDE UITGAWE
Ons kuier by Binneland sub judice se nuwe glanspaartjie,
Robyn Olivia en Carl Beukes 

Is jy ’n slagoffer of oorwinnaar? Jy besluit self

Kenners gesels oor SA se
munisipale probleme

Jou kind is siek, maar wat van sy sibbe?

Is skeikoors so aansteeklik soos troukoors?

Omskep jou slaapkamer in ’n ware oase

Skrik jy vir ’n komper?
Wenke vir digibete

Ons loer in agter die skerms van die nuwe rolprent Susanna van Biljon

Moenie Paul C Venter se nuwe vervolgverhaal misloop nie!



 

 

Resep om van kokkerotte ontslae te raak

Kliek hier

 

Bel Caxton Tydskrifte by
011 293 6000
011 889 0600 of klik hier
om na die webtuiste te gaan.

Subscription queries: 011 473 8700

 


Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur 2 is die langverwagte opvolg op die Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur, waarvan al meer as 35 000 kopieë verkoop is. Hierdie tweede boek is die resultaat van herhaalde versoeke van lesers en beslaan 192 bladsye vol watertandlekker geregte waaraan lesers al deur die jare gewoond geraak het. 

Vrouekeur se resepte is al meer as tien jaar ’n wegholsukses en vandag nog net so gewild en in aanvraag as met ons ontstaan in 1999, veral omdat dit tydbesparend is, sonder om voedingswaarde in te boet.
Nes sy voorganger, waarborg Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur 2 om jou baie tyd en moeite in die kombuis te spaar – tyd wat jy aan belangriker dinge kan bestee.

Die sukses van ons resepte lê in hul eenvoud en die feit dat die bestanddele wat jy nodig het, reeds in jou spens is. Kan dit enigsins makliker wees? Nie net gaan jy jou gesin en gaste beïndruk nie, maar jy sal sonder moeite in ’n bobaaskok ontpop.

Marlo Carstens, Vrouekeur se kosredakteur, verstaan die eise van vrou- en mawees en haar resepte sal selfs die vrou wat sku vir kos maak is, inspireer.
Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur 2 is teen R150 in sagtebandformaat by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.

Lesers wat hul bestelling direk deur LAPA doen, kry dit teen ’n spesiale bestelprys van R140 (posgeld en verpakking ingesluit). Bel 012 401 0700 om te bestel. Hierdie aanbod is nie geldig vir webbestellings nie. Besoek
www.lapa.co.za vir meer inligting. So maklik soos dit!

 


ARTIKELS


MENSE ARTIKEL
Verslaaf aan die lewe! Die vurige uitsaaier Lynette Francis gesels oor ubuntu, skanse en skoene


 

As ek maar net ... Ná die dood van ‘n geliefde voel ‘n mens dikwels skuldig oor argumente of dinge wat jy nog graag wou gedoen het

Hoe hanteer ‘n ma dit? Ons gesels met ‘n leser, wat al alles probeer het om haar kind te help om teen sy verslawings te stry

Elke trop het ‘n swartskaap Die familie skud kop oor hom en hy word wyd en syd beskinder, maar ‘n mens moenie die ‘skandemaker’ onderskat nie

Nuwe pappa? Dít moet jy weet Ouerskap is g’n grap nie en ‘n nuwe baba kan jou lewe aansienlik verander ...

Kruip uit die kokon Die natuur toon nuwe lewe en jy kan ook die seisoen reg afskop met ‘n paar veranderings







Wat van Vrouekeur se voorblaaie trek jou aan?
Voorbladgesig
Algemene aanbieding en kleur
Voorbladopskrifte
Kompetisies
Ek koop uit lojaliteit!