Tradisionele sosaties

Hierdie tuisgemaakte sosaties gaan jou gaste beslis beïndruk!

4–6 porsies

MARINADE
80 ml (1/3 k) rooiwynasyn
125 ml (½ k) rooiwyn
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
10 ml (2 t) knoffel, fyngekap
10 ml (2 t) gemmer, fyngerasper
80 ml (1/3 k) water
bietjie olie
1 ui, gerasper
30 ml (2 e) fyn koljander
3 lourierblare, gekneus
5 ml (1 t) fyn kaneel
15 ml (1 e) kerriepoeier
2, 5 ml (½ t) fyn wonderpeper (all spice)
90 ml (6 e) bruinsuiker
15 ml (1 e) mielieblom
SOSATIE
12 sosatiestokkies
1 ,5 kg lamsboudtjops, in 3 cmstukke gesny
6 uitjies, geskil en in helfte gesny
12 gedroogte appelkose
sout en peper

Metode

  1. Marinade Meng asyn, wyn, konfyt, knoffel, gemmer en water. Hou eenkant.
  2. Verhit olie en braai ui tot deurskynend. Voeg spesery, suiker en mielieblom saam. Braai verder vir 1 minuut.
  3. Giet vloeistof by gebraaide bestanddele en bring tot kookpunt of tot sous verdik. Laat heeltemal afkoel.
  4. Week sosatiestokkies vir 30 minute in water. Ryg vleis, uitjie, appelkoos en herhaal weer.
  5. Plaas in marinade vir minstens ’n dag.
  6. Braai oor matige kole tot gaar, geur met sout en peper.

WENK

Moet nooit sout in ’n marinade sit nie. Dit sal die vleissappe uittrek en die vleis sal dan droog wees. Sout eers op die braai. Voeg nog bietjie water by die marinade as dit te dik is.

The post Tradisionele sosaties appeared first on Vrouekeur.

Send this to a friend